Hope restored after five years of struggle to get proper documents
Five-year-old Minnie (not her real name) has been a part of the Abraham Kriel Bambanani (AKB) Community Care programme since age one. Like many children in our care, Minnie, is not from a nuclear family.
Minnie lives with eight other family members in a four-room house in Zola, Soweto. The family depends on social grants (older person and child support grants) to make ends meet. At the time of her birth, her mother was a drug addict and left Minnie with her grandmother. Minnie’s mother did not register her birth, and this prevented her grandmother from applying for a child support grant to help feed and clothe her. It has been a strenuous five years for Minnie and her grandmother.
The staff and donors of AKB is the family’s “anchor of hope.” The Soweto Family Care program provides the family with psychosocial services such as counseling, nutritional support through home-cooked meals, and essential material support.
AKB assisted the family with registering Minnie’s birth, and she finally received a birth certificate. Minnie can now enroll in a preschool, and her grandmother can apply for a child support grant. With the help and guidance from the staff at AKB, Minnie’s mother was admitted to a rehabilitation facility and received help for her drug addiction.
We are always grateful to share these stories. They give us hope and assurance that we are making a difference and impacting the lives of the people we serve. Minnie and her family are blessed to have donors who are able and willing to lend a helping hand. Thank you for supporting little Minnie and her family for five years and contributing to Minnie’s brighter future. With YOU in our corner, we know Minnie and others like her have an “anchor of hope”.
Nuwe hoop ná vyf jaar se stryd om dokumente te bekom
Die vyfjarige Minnie (nie haar regte naam nie) is sedert ouderdom van 1 jaar deel van Abraham Kriel Bambanani (AKB) se gemeenskapsorgprogram. Soos baie kinders in ons sorg, het Minnie nie die voorreg om in ‘n kerngesin groot te word nie.
Minnie woon saam met agt ander familielede in ‘n viervertrekhuis in Zola, Soweto. Die gesin is afhanklik van maatskaplike toelaes (toelaes vir ouer persone en kinderonderhoud). Ten tyde van haar geboorte was haar ma ‘n dwelmverslaafde en het sy Minnie in haar ouma se sorg gelos. Minnie se ma het nie haar geboorte geregistreer nie, en daarom kon haar ouma nie aansoek doen vir ‘n kinderonderhoudstoelaag nie. Dit was vyf moeilike jare vir Minnie en haar ouma wat gesukkel het om kop bo water te hou.
Die personeel en donateurs van AKB is diè gesin se “anker van hoop”. Die Soweto gesinsorg-program bied psigososiale dienste soos berading, voedingsondersteuning in die vorm van tuisgemaakte maaltye en noodsaaklike materiële ondersteuning aan die gesin.
AKB het die gesin bygestaan met die registrasie van Minnie se geboorte, en sy het uiteindelik ‘n geboortesertifikaat ontvang. Minnie kan nou by ‘n kleuterskool inskryf, en haar ouma kan aansoek doen vir ‘n kinderonderhoudstoelaag. Met die hulp en leiding van die personeel by AKB is Minnie se ma in ‘n rehabilitasiefasiliteit opgeneem en ontvang hulp vir haar dwelmverslawing.
Ons is altyd dankbaar om hierdie stories te deel. Dit gee ons hoop en versekering dat ons dienste wel ‘n verskil maak en ‘n impak het op die lewens van die kinders in ons sorg. Minnie en haar gesin is bevoorreg om donateurs te hê wat bereid is om ‘n helpende hand te verleen en glo in die dienste van AKB. Dankie dat jy klein Minnie en haar gesin vir vyf jaar ondersteun het en bygedra het tot ‘n beter toekoms vir Minnie. Met JOU aan ons kant weet ons Minnie en ander soos sy het ‘n “anker van hoop”.