I found family, hope and confidence at Abraham Kriel Bambanani

When I first arrived at Abraham Kriel Bambanani (AKB), I was nervous and unsure if I would belong. My family had been struggling, and life felt heavy and uncertain.

But from the moment I walked through the Langlaagte Campus gates, everything started to change. The social workers, caregivers and other beneficiaries welcomed me with kindness and patience. I quickly realised I wasn’t alone anymore. The other young people became like brothers and sisters, and I felt truly seen and cared for.

At AKB, I found more than support, I found a place where I belonged. The people here believed in me even when I doubted myself. They encouraged me to learn, grow and dream of a better future.

Today, I am a confident young woman who knows that things can work out and that I can achieve great things. AKB has given me a lifelong gift: a community that feels like family, and a place where I will always belong.

*Thando

*Not her real name

Ek het ’n familie, hoop en selfvertroue gevind by Abraham Kriel Bambanani

Toe ek die eerste keer hulp vanaf Abraham Kriel Bambanani (AKB) ontvang het, was ek onseker en bang dat ek nie by die program sou inpas nie. My familie het swaargekry, en ek het gevoel ek staan alleen in die wêreld.
Maar van die eerste dag wat ek deur die Langlaagte Kampus se hekke gestap het, het alles verander. Die maatskaplike werkers, kinderversorgers en ander begunstigdes het my met warmte begroet en my laat voel dat ek welkom en waardevol is. Die kinders om my het soos broers en susters geword. Stadig het ek besef dat ek nie meer alleen hoef te wees nie want hier is mense wat regtig omgee.
AKB het my meer as net ondersteuning gegee; hulle het my ’n gevoel van geborgenheid gegee. Hier word ek gesien, aanvaar en geliefd vir wie ek is. Hulle het in my geglo, my aangemoedig om te groei, te droom en aan ’n beter toekoms te bou.
Vandag is ek ’n selfversekerde jong vrou wat weet dat dinge kan uitwerk en dat ek groot dinge kan bereik. By AKB het ek ’n familie gevind, ’n tuiste waar ek altyd sal behoort.

*Thando

*Skuilnaam

Share This Page