Dare 2 Read: A new chapter for Westbury’s children

For years, we’ve been calling out for help – asking for tutors to support the children in our Westbury Family Care (WFC) programme. And now, our prayers have been answered.

A passionate group of volunteers from the University of Johannesburg (UJ) has launched the Dare 2 Read project – a literacy and academic support initiative that is already making a meaningful difference.

“Most of the children on our programme cannot read or write, and we simply cannot afford private tutors to help them”, says Packson Mampuru, Social Auxiliary Worker at WFC. “So, we’re truly grateful for this project, as it will be of great help to our children”, adds Packson.

Currently, Dare 2 Read is reaching approximately 50 beneficiaries, aged 6 to 17 years, providing consistent academic support. The sessions focus on foundational literacy and learning skills, giving children the chance to catch up and grow in confidence – something many have been struggling with.

We are closely monitoring the children’s progress, and the project will continue for as long as there is a need – and for as long as these volunteers are willing to give their time, energy, and hearts.

To the UJ Dare 2 Read team: THANK YOU. Your commitment is planting the seeds of long-term change, one child at a time.

Dare 2 Read: ‘n Nuwe hoofstuk vir Westbury se kinders

Die kinders in ons Westbury Family Care (WFC)-program het akademiese hulp en ondersteuning nodig en ons vra al jare vir hulp en ondersteuning van die gemeenskap.’n Groep passievolle vrywilligers van die Universiteit van Johannesburg (UJ) het ons hulpkreet gehoor en  die Dare 2 Read-projek van stapel gestuur. Hierdie geletterdheids- en akademiese ondersteuningsinisiatief maak reeds ‘n merkbare verskil.

“Die meeste van die kinders in ons program kan nie lees of skryf nie, en ons het eenvoudig nie die middele om privaat tutors aan te stel nie,” sê Packson Mampuru, Maatskaplike Hulpwerker by WFC. “Ons is dus ongelooflik dankbaar vir hierdie projek – dit gaan ’n groot verskil maak in ons kinders se lewens,” voeg hy by.

Tans bereik Dare 2 Read sowat 50 begunstigdes tussen die ouderdom van 6 en 17 jaar. Die projek bied gereelde akademiese ondersteuning met fokus op basiese geletterdheid en leervermoëns – wat kinders die kans gee om in te haal en selfvertroue op te bou, iets waarmee baie van hulle sukkel.

Ons hou die kinders se vordering fyn dop, en die projek sal voortgaan vir so lank as wat daar ’n behoefte is – en so lank as wat hierdie vrywilligers bereid is om hul tyd, energie en harte te gee.

Aan die UJ Dare 2 Read-span: BAIE DANKIE. Julle betokkenheid en toewyding maak voorwaar ‘n verskil – een kind op ‘n slag.

Share This Page