Solank ek dans

Categories: Blog,May 2019

‘n Gelukkige plek = ‘n vreugdevolle plek waar jy tuis voel. Dit is ‘n plek wat jou lewendig laat voel en waar daar liefde in oorvloed is. Vir die 17-jarige Simiso Mbelu (nie sy regte naam nie) is daardie plek die “Drop-in Centre” in Zola, Soweto.

Simiso is altyd gewillig om aan aktiwiteite deel te neem. Hy bevorder goeie gedrag onder sy maats, is deel van die kinders se forum en woon sy terapiesessies by wat musiek, dans en ‘kickboxing’ insluit. Ritme, verhelder Simiso se gesig. Sy bynaam is dan ook Majaivana, wat wonderlike danser beteken.    Van kleintyd af, gebruik Simiso, dans, as ontsnappingsmeganisme van die moeilike verhouding met sy ma.

Simiso bly by sy tante en haar kinders van moederskant.   Sy is ook sy wettige voog. Tot onlangs het sy ma en jonger boetjie elders by haar vriend gebly. Sy het onlangs teruggekeer huistoe. Sibiso doen nie te goed op akademiese vlak nie en kon slegs ‘n gemiddeld van 50% behaal in die eerste kwartaal van sy Graad 10 skooljaar. Tog is hy ‘n gelukkige jong seun wat in sy drome glo. Hy wil graag ‘n dansskool bywoon en ‘n professionele danser word. “Ek het op vyfjarige ouderdom by ‘n plaaslike klub begin dans en dans nog steeds. Dans is my passie en ek is regtig versot daarop.  Ek dink nie ek sal daarsonder kan regkom nie”, vertel Simiso.

By die ‘Drop-in Centre’ word Simiso gehelp met sy skoolwerk en kry hy ruim geleentheid om te dans. Hier het hy ‘n plek om vrede te maak en homself te wees, al is dit net vir ‘n paar ure. Die sentrum skep ‘n gelukkige spasie vir baie van ons begunstigdes en ons is dankbaar teenoor vennote en donateurs wat dit help skep.  U betrokkenheid  by Abraham Kriel Bambanani maak ‘n geweldige verskil in die lewens van ons kinders, hulle families en die gemeenskap as ‘n geheel.

Met ‘n maandelikse borgskap van enigiets vanaf R85 per maand kan U verseker dat kinders soos Simiso ‘n plek kan hê waar hulle sorgvry kan wees en hulle talente kan ontwikkel.