So is my lewe…

Categories: Blog,October 2018

Deel 1: Dit is ek

Pyn. Toksies. Misverstaan. Niemand kry my nie en niemand kan my help nie. Nadat ek hulle vir 10 jaar lank my familie genoem het, moes ek uit. Dit is ‘n skuif wat vir my soos die dood voel en dit maak my net kwater en meer aggressief.

Die plek is toe tog nogal verwelkomend. Die mense hier verstaan my en hou nogal van my. Maar my hart is steeds vol haat en woede teenoor my biologiese pa. Hy is ‘n alleenloper met geld. My stiefpa aan die ander kant is ‘n goeie man met ‘n goeie hart. Ek is baie lief vir hom. Hy bring rustigheid en help om die woede teenoor my pa te kalmeer. Maar toe ek hoor hy het ernstig siek geraak is ek  verpletter en kon ek dit nie glo nie.

My woede is buite beheer. Ek breek elke dag ‘n bietjie meer. My siel is ‘n toksiese put wat moet toegedruk word. Ek probeer terapie, maar dit help nie. Dit raak erger! Ek is tydbom wat wag om te ontplof. As my stiefpa moet doodgaan is dit die einde vir my. Wat van my wat oor is sal WEG wees.

Deel 2: Groot bruin oë              Deel 3: My ouma…sterger as staal