Raak gesond met musiek

Categories: Blog,October 2017

Ken jy die aanhaling “when music hits, you feel no pain”? (Bob Marley & the Wailers – Trench Town Rocks) Hierdie lirieke vat die omstandighede raak vir twee jongmense wat gehelp word deur ons Steinhoff Extended Family Programme by die Zola Drop-in Centre in Soweto.

In 2014 het Lebohang Mgobozi, personeellid en professionele sanger, die Steinhoff gemeenskapskoor begin met die hulp van kollegas Mamoletse Nkadimeng en Mfanafuthi Nkosi.

Hulle het hulp nodig om seker te maak hulle bereik hulle doelwitte. Daar is 25 koorlede tussen die ouderdomme van 13 en 20 en hulle het al gevoel hoe dit is om voor ‘n gehoor op te tree. Die belangrikse geleentheid was toe hulle voor die direksie van Abraham Kriel Kindersorg opgetree het. Hulle wil egter graag aan kompetisies deelneem en wil ook op die plaaslike gospel televisie kanaal ‘Dumisa Television’ optree. Lebohang vertel, ”Dit sal wonderlik wees indien ons uniforms kon bekom sodat ons meer soos ‘n eenheid kan lyk.”

Sy gaan voort, “Ek het die koor begin omdat ek kon sien die kinders het die potensiaal om hulle omstandighede te oorkom. Hulle is passievol oor musiek en dis vir hulle geestelik en emosioneel goed. Die koor bied die jongmense dissipline en help hulle om ‘n balans te vind tussen skool en die lewe daar buite.

Die kinders, meestal wees gelaat, kom van huise waar gesinne hoofsaaklik aan die lewe bly deur middel van ‘n maatskaplike toelaag. Die koor help die kinders om die wêreld in die oë te kyk. Musiek is geestelik. Jy kan jouself daarin verloor, maar jy kan jouself ook daarin vind. Die Mnculwane sibbe het hulleself daarin gevind.

Die koor is die twee jongmense se troosplek. Hulle huisie is vervalle, maar kan nie herstel word nie, want hulle is steeds op skool en hulle ouer suster is werkloos. Hulle oorlede ouma het alles in haar vermoë gedoen met haar pensioen, maar dis ook nou daarmee heen. In die omstandighede bly die koor hulle baken van hoop en het ook ‘n deurslaggewinde troosrol gespeel met die ouma se dood.

Die jong broer en suster wil graag hulle talent ontwikkel, want hulle is regtig talentvol. Hulle speel ‘n belangrike rol in die koor en werf nog kinders om betrokke te raak. “Hulle is albei voorsangers in hulle gemeente en maak my regtig trots,” vertel Lebohang.