Genade uit krisis gebore!

Categories: January 2017

Op 23 November  het ons gehoor dat Abraham Kriel Kindersorg se kontant situasie haglik is. Ons het by ons donateurs gepleit om ons te help om te voorsien in die dinge wat ons elke dag sou nodig hê. Ons het gebid en geglo en dag vir dag het ‘n wonderwerk ontplooi.

Die verskil in wat ons kon spaar op uitgawes tot op daardie datum en die tekort op ons inkomste was ongeveer R600 000. Vandag kan ons rapporteer dat ons R 769 383.82 ontvang het in direkte respons tot die appel wat daardie dag uitgegaan het. Dit het verseker voorsien in ons daaglikse behoeftes. Ons kon ons verpligtinge nakom en ons kon aan die kinders ‘n baie spesiale en gelukkige Kersfees gee, want verskeie mense het vir die ekstra ook gesorg.

Wanneer ons praat oor die besondere seën wat Abraham Kriel Kindersorg oor die afgelope Kerfees ontvang het, moet u verstaan dat ons in die eerste plek dankbaar is vir die diep moeilikheid waarin ons onsself bevind het. Daarsonder sou ons nie die liefde en vrygewigheid so intens ervaar het as wat ons wel gedoen het nie.

DANKIE; DANKIE; DANKIE!!!

Moet ons asseblief nie vergeet in die tyd wat kom nie, want ons het steeds 1000+ kinders en jeugdiges om elke dag te versorg. U kan ons webblad besoek en meer uitvind oor hoe om ‘n kind vir ‘n dag te borg. http://abrahamkriel.org/sponsor-a-child-2/