Dissipline raak ontslae van swak gedrag

Categories: Blog,March 2019

Hulle was weerloos. Hulle is geestelik, emosioneel, sosiaal en sommige fisies seergemaak. Gevolglik het hulle ‘n beperkte waarde van hulleself en hulle grense en vind hulle dit moeilik om reëls na te kom. Die kinders kom van omstandighede wat ondenkbaar is vir meeste mense. By Abraham Kriel Bambanani poog ons om seker te maak dat die kinders se toekoms totaal verskil van hulle verlede. Die verstandelike ontwikkeling van ons kinders is van uiterste belang om seker te maak dat hulle ontwikkel in volwassenes wat vir hulleself en hulle afhanklikes kan sorg. Die verlede moet nooit herhaal word nie.

Die kinders het verskeie gedagsprobleme.  Terapie help vir hulle verstandelike en emosionele ontwikkeling, maar hulle het steeds ‘n uitlaatklep nodig vir die opgeboude woede.

Op die Langlaagte kampus is daar ‘n groepie kinders wat die afgelope jaar karate lesse ontvang. Nicky Johnson en haar seun, Marcus, rig hulle af en verander hulle lewens in die proses. Die klas het tans ses kinders en almal presteer.  Die agtjarige Albert (skuilnaam) het onlangs by die klas aangesluit en sy gedrag het reeds begin verander.

“Albert het gedragsprobleme, maar hy probeer baie hard, want hy hy het regtig met my gebind. Hy sukkel, maar ek wag in spanning  vir die vaardighede en selfvertroue wat hy so desperaat  benodig. ‘n Onverwagte drukkie wat vertroue van hom kommunikeer, is altyd baie spesiaal.” sê Nicky. Albert, Xola, Candice, Sherry, Geraldine and Thuli voel veilig en tuis in die karateklas. Nicky wil hulle graag na die volgende vlak neem en benodig daarvoor U hulp om R 4 050 bymekaar te maak.

Die geld dal die volgende dek:

Karate uitrusting @ 1x R350 en 2x R380

Gradering vir 6 kinders @ R180 elk

Intensiewe opleiding deur Shihan Harry @R 150 elk en

Deelname in ‘n kompetisie in Junie @  R160 elk

“In die karate wêreld is dit ‘n enorme eer om deur die “Grand Master” self afgerig te word. Ek sal dit dus baie waardeer indien die kinders kan deelneem,” sê Nicky. “So belangrik as wat die regte uitrusting is vir die kinders om te voel hulle pas in, doen die opleiding en kompetisies geweldig  baie vir hulle motivering om vol te hou en hul bes te doen in die klas. Om ‘n nuwe belt of ‘n medalje te verdien doen baie vir hulle selfvertroue”, voeg sy by.

“Die kinders raak my hart elke keer. Ek is altyd beïndruk met hulle entoesiasme en begeerte om my guns te wen. Een van die meisies het dit op haarself geneem om te verseker dat almal water het tydens die oefening en sy maak ook seker dat al die gebruikte koppies gewas word. Verder het sy aangebied om een van die kleintjies se nuwe streep op sy belt aan te werk, om sy nuwe rang aan te dui. Ek hoop om aanvaarde sosiale gedrag vir almal aan te leer en om hulle te leer hoe om die mense om hulle te waardeer”, vertel Nicky.

Help vir Nicky en ons kinders op hierdie reis na selfvertroue en beheer. Kontak asseblief vir: Colette Ramjathan on 011 839 3058/60 / colette@abrahamkriel.org indien u wil help!