Die behoefte aan ’n rolmodel

Categories: Blog,June 2018

Ken Summers (skuilnaam) ken nie sy biologiese pa nie. Hy bly by sy grootouers, sy oom en ’n jonger sussie in Kathradapark. Sy ma is oorlede toe hy maar tien jaar oud was. Sy omstandighede voorspel vir hom die volgende scenario:

“Ken is vroeg uit die skool en verkoop en gebruik nou dwelms. Hy is reeds in en uit die tronk gewees. Dit het gebeur omdat hy sy familie wou help versorg, want hulle enigste inkomste was sy grootouers se pensioengeld.”  

Dit is hoe die storie van jong seuns gewoonlik verloop in areas soos Kathradapark, Westbury, Slovopark en Coronationville. Maar dit is nie Ken se storie nie.

Ken (17) is ’n begunstigde Abraham Kriel se Westbury program. Hy is in Graad 11 in die  Coronationville Hoërskool, ’n Sondagskoolonderwyser by sy kerk en hy is dol oor sokker.  “Ken se grootwordjare sonder ’n pa was ’n uitdaging, maar gelukkig was sy oupa (61) daar. Hy noem sy oupa ‘vader’ as ‘’n liefdesnaam, want die is vir hom ‘n voorbeeld en rolmodel.”  Nelio Khumalo, jeugwerker by die program vertel ook hoe kranig Ken is en hoe sy sterk waardes beïndruk.

Pa’s wat betrokke is by hulle kinders word hulle helde. Die impak en belangrikheid van ’n vaderfiguur in ’n kind se lewe kan nooit oorskat word nie. In die Westbury gemeenskap het baie kinders of hulle vaders verloor, of hulle ken hulle eenvoudig nie, of hulle bly nie by hulle vaders nie. Dit laat ’n geweldige leemte aan die liefde en ondersteuning wat ’n pa kan bied… selfs net vir een dag!

U word genooi om die uitdaging aan te neem om ’n #Hero4Hope te wees vir Ken en 150 ander kinders in die sorg van die Abraham Kriel program in Westbury.