Dankie vir die herinneringe!

Categories: Blog,January 2019

Kersfees by ‘n kinderhuis roep beelde op van ‘n hartseer kindjie wat deur ‘n venster staar in die hoop dat iemand spesiaal sal opdaag om die eensaamheid te verdryf.

Danksy was dit nie die geval vir die kinders van Abraham Kriel Bambanani nie. U as donateur was deurentyd hier vir hulle.

Ons kinders kon hulleself geniet in die oomblik en kon bloot kinders wees die vakansieseisoen. En ons is sekere hulle kon nie wag om die vakansieherinneringe met hulle maats by die skool te deel nie.

Dankie liewe donateur vir wat u kollektief bereik het!

U het met kospakkies gesinne gehelp om kos op die tafel te hê.

U het eindelose pret onder die son en heerlike lekkernye voorsien. Die partytjies is waardeer en het ons kinders help ontspan.

U het uitstappies en nuwe ervarings gegee. Ons kinders kon plekke sien en ervaar waar hulle normaalweg nooit sou kom nie.

U het wonderlike geskenke gegee, wat u of persoonlik kom aflewer het of in Kersvader se hande besorg het om uit te deel.

U het seker gemaak dat daar skooluniforms sou wees. Ons kinders het netjies gelyk op hulle eerste skooldag en was gereed en gretig vir die nuwe skooljaar.

U het tyd saam met ons kinders deurgebring.

U het gemoedsrus gegee vir die komende jaar deur u te verbind tot maandelikse bydraes.